Vindingryk is een van die eerste boeke wat ek as elke dag vervolgstorie op die Youtube kanaal Afrikaanse Liefdesverhale en stories voorgelees het. Dit is 'n liefdesverhaal met 'n spannende storielyn van mense wat op 'n plaas saamgegooi word. Dit is Victor en Simone se liefdesverhaal. Hy 'n ontnugterde oud polisieman wat as sekuriteitspersoon op die plaas beland en sy 'n pottebakker wat glo sy kry die geleentheid van 'n leeftyd om met kuns geld te maak. Maar Tommy Holwage, op wie se grond almal saamgegooi word pak nie alles op 'n eerbare wyse aan nie. Dit kom Victor sommer gou agter. Behalwe dat hy versigtig is om tot gevolgtrekkinge te kom. Hy is afhanklik van die werk. Gaan hy vir altyd 'n blinde oog gooi, of gaan sy gewete een of ander tyd begin inskop.
Overview
Select a Delivery Option
Vindingryk
1 Item Added to Bag 1 Item Added to Pickup