Die koerantbedryf het verander. As jy 'n vaste werk by 'n groot media instansie het, hou vas. Nie Gretha Conradie nie, nee! Sy aanvaar 'n pos by 'n klein nutskoerantjie in Limpopo. Daar is 'n adverteerder wat die koerant aan die gang hou. 'n Mutiman van soorte!
Op pad daarheen is sy so byna deel van 'n aaklige ongeluk. Dit is waar sy hom die eerste keer sien. Richardt Roodt, die onbaatsugtige man wat selfs sy leerbaadjie uittrek vir iemand op die toneel wat koud kry. Maar is dokter Richardt Roodt wie hy se hy is?