ROOI BALLON
Nadat die vreemde karnavalman vir Mienke ‘n reuse rooi ballon gegee het, het haar hele lewe verander. Haar obsessie met rooi ballonne het naderhand die hele Prins Albert op hol gehad. Selfs dominee het gereken dat sy deur ‘n bose rooi gedoente beset was. Verwoestende nuus het vir Mienke skielik in die middel van die grootste storm van haar lewe geplaas. Gou het sy besef dat die ou man se woorde net ‘n spul leuens was.
Sy veg ‘n innerlike stryd om met haar huidige omstandighede vrede te maak. Mienke besef het dat die lewe buitekant haar veilige rooi ballon hard en wreed is.
Hierdie boek is propvol drama, humor, hartseer en lewenslesse. 'n Moet-lees boek wat jou gaan insluk, omdop, uitspoeg en in die rondte tol.
#leukemie #afrikaanseboeke #nuut #drama #leesafrikaans